07/09/2026
๐๏ธโโ๏ธ Boere vs Dorp ๐๏ธโโ๏ธ
Wat n lekker dag was dit Saterdag!
Die jaarlikse Boere vs Dorp was weer een vir die boeke! Al het die wind ons n bietjie hard probeer toets ๐, het dit niemand gekeer om lekker te speel, te kuier en die dag te geniet nie.
Daar was lekker gesels, baie lag, n braai met lekker vleis, en natuurlik sommer net goeie, vriendelike mense wat die dag ekstra lekker gemaak het. Die kinders het hulself ook gate uit geniet en lekker saam gespeel.
Dit is altyd lekker om te sien hoe almal bymekaar kom, nuwe mense leer ken, lekker gesels en net die dag geniet, op en van die gholfbaan af.
Ons by Overberg Pre-Owned is weereens baie dankbaar dat ons deel kon wees van hierdie lekker dag en dit kon ondersteun.
Dankie aan elke persoon wat dit so n lekker en gesellige dag gemaak het. Ons sien julle weer volgende jaar.