07/10/2026
BELANGRIKE KENNISGEWING
KALAHARI AUTO BODY WORKS – MARENTAL
Geagte Kliënte
Ons wil graag hiermee kennis gee dat Kalahari Auto Body Works in Mariental steeds oop en ten volle operasioneel is.
Daar doen ongelukkig gerugte die rondte dat ons besigheid gesluit is of besig is om te sluit. Ons wil dit duidelik stel dat hierdie gerugte nie waar is nie.
Kalahari Auto Body Works gaan voort met ons normale bedrywighede en lewer steeds dieselfde professionele diens en kwaliteit aan ons kliënte. Ons aanvaar steeds voertuie, doen kwotasies en werk voort met herstelwerk en versekeringsake soos normaal.
Ons waardeer die ondersteuning en vertroue van ons kliënte en wil almal gerusstel dat ons hier is om te bly en voort te gaan om ons gemeenskap te bedien.
Vir enige navrae, kontak ons gerus direk, 063 241546.
Kalahari Auto Body Works
Mariental