05/12/2022
Vir Die 580 Mense aan wie ons die jaar kappies gelewer het, wil ek sê Dankie. Baie, Baie Dankie. Julle was deur n baie moeilike tyd en het in ons vertrou. Vir die 146 wat oor bly wil ek sê nog meer dankie
Ons lewe in 'n tyd waar mense baie maklik vir 'n skelm streek gevat word. Dit was natuurlik dat julle moes dink dat julle ook deur so ondervinding was. Baie van julle was verskliklik kwaad en ek verstaaan absoluut hoekom.
Soms loop dinge nie soos mens wil hê dit moet nie, en soms loop dit heeltemal in 'n ander rigting. Ek het stil gebly en die kappies gebou. Dit was dalk verkeerd om so min te komunikeer, maar dit was noodsaaklik om verwagtinge te "manage" die aantal mense om te manage was net te groot, veral waneer mense nie glo dat ons die olifant sou eet nie. Niemand behalwe my vrou het geglo dat dit sou gebeur nie. Ek het self nie geweet hoe nie.
Ek wil hier graag vir Piet Beirowski bedank. Hy het by my gestaan al was dit nie sy plek nie, en het sy eie naam opgeoffer deur in my te glo. Ek is bly hy was nie teleur gestel nie. Julle het daarvan seker gemaak.
Mag julle 'n voorspoedige en fantastiese 23 hê.
Weereens Dankie vir julle vir die moeilikste en beste jaar van my lewe. Julle het gewys dat mense nog mense is.