Desert Auto

Call Directions Contact the business

Desert Auto Affordable automotive service and repair center that is driven by passion, excellence and a wealth of knowledge

Terwyl ons jou voertuig bederf kan jy nou self n bietjie ontspan in ons nuwe gemaklike rus area
01/10/2026

Terwyl ons jou voertuig bederf kan jy nou self n bietjie ontspan in ons nuwe gemaklike rus area

Is jy dalk die eienaar van n Ford 1.0L Ecoboost, dalk n 1.5 duratec 3cylinder of n Ranger 2.0L ecoblue (Single of Bi-tur...
29/09/2026

Is jy dalk die eienaar van n Ford 1.0L Ecoboost, dalk n 1.5 duratec 3cylinder of n Ranger 2.0L ecoblue (Single of Bi-turbo)?

Hierdie is dan vir jou.
Al die genoemde modelle het iets in gemeen, n tydreëlband, of te wel n 'timing belt' wat in die olie loop. Die term 'Wet belt' is dalk ook iets wat jy van gehoor het en is vinnig besig om n warm onderwerp te raak.
As jy al so n belt laat vervang het behoort jy ook te weet dat n duur uitstappie kan wees, maar wel met goeie rede. Nie net is dit n gespesialiseerde herstelwerk nie maar dit neem ook heelwat langer as n tradisionele droë 'timing belt'.
Waar die probleem inkom is dat n 'Wetbelt' nie geinspekteur kan word nie en moet dus streng volgend skedule vervang word.
Ongelukkig word die lewe van so n belt baie nadelig beinvloed sou die engine met die verkeerde olie gediens word en kan lei tot ernstige probleme lank voor die belt vervang moet word.

In die fotos is n belt wat ons vervang het, dit is egter meer as n jaar vroeër gedoen as wat die skedule voor stel en dit is baie duidelik dat dit netnet betyds was (die eienaar gaan beslis moet lotto gaan speel...)

So waar los dit jou as eienaar van n voertuig met n 'wetbelt'? Desert Auto kan beslis die lewe bietjie vergemaklik sou dit tyd raak vir jou voertuig se 'wetbelt' vervanging.
●Slegs oorspronklike Ford onderdele word gebruik
●Slegs die regte spesifikasie olie vir jou voertuig se engine word gebruik
●Al die nodige gespesialiseerde gereedskap staan gereed om akurate herstelwerk te veseker
●Desert Auto beskik oor die nodige kennis en ondervinding om te veseker jou voertuig is in goeie hande
■Dit als teen n bekostigbare prys■
Skakel ons gerus vir meer meer inligting of n kwotasie 078 295 0052

Hou ons blad dop vir n opwindende nuwe fase van ontwikkeling..... jy gaan dit nie wil mis nie
28/09/2026

Hou ons blad dop vir n opwindende nuwe fase van ontwikkeling..... jy gaan dit nie wil mis nie

Dis dalk eers môre Nasionale Braai Dag maar ons kan dit verseker al vandag begin vier 🔥🥩
23/09/2026

Dis dalk eers môre Nasionale Braai Dag maar ons kan dit verseker al vandag begin vier 🔥🥩

Ons is tans besig met n groot herstelwerk wat hierdie part (deel van hom.....) behels. Wie kan raai watse part dit is?  ...
14/08/2026

Ons is tans besig met n groot herstelwerk wat hierdie part (deel van hom.....) behels. Wie kan raai watse part dit is?

07/07/2026

🤫Land Rover part in wording......

Desert Auto het n 3D printer aangeskaf om daai moeilike part wat nie meer gemaak word nie, sommer hier by ons te kan vervaardig. Hou die spasie dop vir nog interessante projekte.

Saterdag oggend opleiding sessies het amptelik begin, en die manne het n vinnige dejavu gekry van hoërskool wetenskap. W...
28/06/2026

Saterdag oggend opleiding sessies het amptelik begin, en die manne het n vinnige dejavu gekry van hoërskool wetenskap. Well done Desert Auto span, dit het baie goed begin

14/06/2026

🔥 Goerapan 2026 🔥

Ons Desert Auto manne het vroeg opgestaan om die Goerpan 4x4 dag te loop geniet.
Met n vars geboude Landy en 3 Backup voertuie het ons die pad aangepak. Met baie senuwees het ons die Landy die sand in gevat met klomp onsekerheid en senuwees. Toe die Adrenalien begin pomp toe is dit neusie verby, Met voet in die hoek en dit was befonk lekker. Vir sommige van ons was dit n eerste, maar beslis nie die laaste een nie. Hier is n kort samestelling van die dag.
Groete Desert Auto span

08/06/2026
👐 Desert Auto so Winter aanbieding op dienste is so aan die 🔥 dat ons sommer binne die eerste paar dae nuwe voorraad moe...
02/06/2026

👐 Desert Auto so Winter aanbieding op dienste is so aan die 🔥 dat ons sommer binne die eerste paar dae nuwe voorraad moes aanskaf.

Kom besoek ons by 31 Le Roux straat Upington of skakel ons by 078 295 0052 vir die gehalte vakmanskap teen sakpas pryse.

Address

31 Le Roux Street
Upington
8800

Opening Hours

Monday 07:30 - 17:00
Tuesday 07:30 - 17:00
Wednesday 07:30 - 17:00
Thursday 07:30 - 17:00
Friday 07:30 - 17:00
Saturday 09:00 - 12:00

Telephone

+27782950052

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Desert Auto posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Desert Auto:

Shortcuts

Share