Oude Post Bistro & BP Buffeljagsrivier

  • Home
  • Oude Post Bistro & BP Buffeljagsrivier
Call Directions

Oude Post Bistro & BP Buffeljagsrivier GOOD COFFEE | GOOD FOOD | GOOD TIMES

Oude Post Bistro | Milk & Sugar | BP Buffeljagsrivier

ONTMOET LETITIA ABRAHAMS!En so kom ons by die laaste lid van ons Oktober-reeks – maar beslis nie die minste nie. Inteend...
30/10/2026

ONTMOET LETITIA ABRAHAMS!

En so kom ons by die laaste lid van ons Oktober-reeks – maar beslis nie die minste nie. Inteendeel, ons hou hierdie een vir die hoogtepunt!

Letitia Abrahams is al ’n besonderse 11 jaar deel van die Oude Post Familie. Elf jaar van diens, omgee, harde werk en elke dag ’n helpende hand waar dit nodig is.

Vir Letitia is die beste deel van haar werk eenvoudig: om mense te help en altyd behulpsaam te wees. Dit is daardie klein oomblikke van diens en vriendelikheid wat ’n groot verskil maak.

Letitia, baie dankie vir jou 11 jaar van toewyding en vir alles wat jy deel van ons Oude Post Familie maak.

Jy is inderdaad ’n hoogtepunt!

Ons het 11 van ons spesiale spanlede aan julle voorgestel – elkeen met hul eie storie, gunstelinge en persoonlikheid.

Dankie dat julle saam met ons deur hierdie reis is die Oktober!

Saam is hulle die mense wat Oude Post Bistro maak wat dit is.

Ons mense. Ons familie. Ons trots!

ONTMOET RINA ABRAHAMS!Ons Oktober-reeks is amper op ’n einde, maar ons kon nie klaarmaak sonder om nog ’n belangrike lid...
28/10/2026

ONTMOET RINA ABRAHAMS!

Ons Oktober-reeks is amper op ’n einde, maar ons kon nie klaarmaak sonder om nog ’n belangrike lid van ons Oude Post Familie aan julle bekend te stel nie.

Vandag ontmoet julle Rina Abrahams, wat al ’n ongelooflike 13 jaar deel van die Oude Post-span is!

Rina hou daarvan om met mense te werk – en dit is juis wat haar werk vir haar so lekker maak. Elke dag bring nuwe gesigte, nuwe stories en natuurlik baie bekende kliënte wat oor die jare deel van die Oude Post-familie geword het.

Rina, baie dankie vir 13 jaar se harde werk, vriendelikheid en die rol wat jy in ons Oude Post Familie speel.

Ons is ongelooflik dankbaar om jou al hierdie jare saam met ons te hê!

ONTMOET PRISCILLA PAULSEN!Ons stel julle hierdie keer voor aan nog ’n bekende gesig in ons Oude Post Familie – Priscilla...
26/10/2026

ONTMOET PRISCILLA PAULSEN!

Ons stel julle hierdie keer voor aan nog ’n bekende gesig in ons Oude Post Familie – Priscilla Paulsen!

Priscilla is al 7½ jaar deel van ons span. Sy is iemand wat haar werk met liefde doen en altyd gereed is om ’n hand by te sit en nuwe kliënte te ontmoet.

En wanneer dit by gunstelinge kom, is ’n Melktert-melkskommel bo aan haar lysie!

Priscilla, dankie vir 7½ jaar se harde werk, vriendelikheid en jou aandeel in die Oude Post Familie.

Ons waardeer jou!

ONTMOET ADRIETTE CHRISTOFFELS!As jy al ’n paar keer by Oude Post gestop het, is die kans goed dat jy vir Adriette raakge...
23/10/2026

ONTMOET ADRIETTE CHRISTOFFELS!

As jy al ’n paar keer by Oude Post gestop het, is die kans goed dat jy vir Adriette raakgeloop het!

Adriette is al ’n ongelooflike 12 jaar deel van die Oude Post Familie. In daardie tyd het sy seker al duisende gesigte gesien, honderde glimlagte teruggekry en baie spesiale kliënte leer ken.

Wanneer dit by haar gunstelinge kom, is daar ’n Spek, Kaas & Eier-roosterkoek op die spyskaart, saam met ’n lekker Café Mocha. Vir iets kouds kies sy ’n Chai Tea of Banana Smoothie.

Wat hou sy die meeste van haar werk? Dis die mense. Om elke dag nuwe mense te ontmoet en vir elke kliënt ’n glimlag op die gesig te sit, is wat haar werk besonders maak.

Adriette, dankie vir 12 jaar se harde werk, vriendelikheid en al die mense wat jy oor die jare welkom laat voel het by Oude Post.

Ons is baie bly jy is deel van ons familie!

ONTMOET MARIA PRINS!Ons Oktober-reeks gaan voort en vandag leer ons nog een van die bekende gesigte agter Oude Post ’n b...
21/10/2026

ONTMOET MARIA PRINS!

Ons Oktober-reeks gaan voort en vandag leer ons nog een van die bekende gesigte agter Oude Post ’n bietjie beter ken – Maria Prins!

Maria is al 13 jaar deel van ons Oude Post Familie. Dertien jaar se harde werk, roosterkoeke maak en natuurlik baie glimlagte langs die vuur.

Haar gunstelinge? ’n Hoender-mayonnaise roosterkoek, ’n lekker Café Mocha en ’n Lime Milkshake.

Maria, baie dankie vir 13 jaar se harde werk, liefde vir wat jy doen en vir jou plek in ons Oude Post Familie.

Ons waardeer jou!

ONTMOET MARIANE KLEIN!Ons Oktober-reeks gaan voort met nog ’n lid van ons Oude Post Familie – Mariane Klein!Mariane is a...
19/10/2026

ONTMOET MARIANE KLEIN!

Ons Oktober-reeks gaan voort met nog ’n lid van ons Oude Post Familie – Mariane Klein!

Mariane is al 13 jaar deel van die Oude Post-span. Dertien jaar van toewyding, harde werk en om seker te maak dat alles agter die skerms vlot verloop.

Mariane, baie dankie vir 13 jaar se toewyding en vir die belangrike rol wat jy in ons Oude Post Familie speel.

Ons is dankbaar vir jou!.

Dankie dat ons deel van julle Tennis Toernooi kon wees!
18/10/2026

Dankie dat ons deel van julle Tennis Toernooi kon wees!

ONTMOET CHARMAINE JONKERS!Oktober is ons kans om die mense agter Oude Post ’n bietjie beter te leer ken!Vandag stel ons ...
16/10/2026

ONTMOET CHARMAINE JONKERS!

Oktober is ons kans om die mense agter Oude Post ’n bietjie beter te leer ken!

Vandag stel ons julle voor aan Charmaine Jonkers, wat al 7 jaar deel is van die Oude Post Familie.

Van haar gunsteling roosterkoek en drankie tot die beste deel van haar werk — kom leer vandag ’n bietjie meer van haar!

Ons is dankbaar vir elkeen wat deel is van ons span en vir die rol wat elkeen speel om Oude Post, Oude Post te maak.

Kom kuier saam met ons hierdie Oktober en ontmoet ons Oude Post Familie!

ONTMOET BEVERLEY PLAATJIES!Ons Oktober-reeks gaan voort met nog ’n geliefde lid van ons Oude Post Familie – Beverley Pla...
14/10/2026

ONTMOET BEVERLEY PLAATJIES!

Ons Oktober-reeks gaan voort met nog ’n geliefde lid van ons Oude Post Familie – Beverley Plaatjies!

Beverley is al 13 jaar deel van die Oude Post-span. Dertien jaar van harde werk, omgee en natuurlik om ons kliënte met ’n glimlag te verwelkom.

Wat is die beste deel van haar werk?
Beverley is trots op haar werk. Sy geniet dit om kliënte mooi te ontvang – en natuurlik om saam met hulle te sing!

Beverley, baie dankie vir 13 jaar se toewyding, vrolikheid en deel wees van ons Oude Post Familie.

Ons is dankbaar vir jou!

Address

On Route N2

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:00
Tuesday 07:00 - 17:00
Wednesday 07:00 - 17:00
Thursday 07:00 - 17:00
Friday 07:00 - 18:00
Saturday 07:00 - 17:00
Sunday 07:00 - 17:00

Telephone

+27285123700

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Oude Post Bistro & BP Buffeljagsrivier posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

  • Want your business to be the top-listed autos & automotive service?

Share