22/08/2026
Dagsê vriende,
Ek neem die vrymoedigheid om hierdie met jul te deel. Ook omdat skenkings deur "Back a Buddy" 'n wettige instansie hanteer word.
Ons ken Daan en Ilze persoonlik (oud Bethlemiete) Hul het alles in hierdie brand verloor.
Die naweek van die brand het ons by ons kinders in Vanderbijl gekuier en ons het hul die Sondag in die kerk gekry waar ons hul met elke kuier raakloop. Daan het ons vertel dat hul plek afgebrand het die vorige middag.
Op hul plot het hul gewoeker om hul te help met uitgawes en geld vir assuransies was daar nie.
Moedig het hy 'n grappie gemaak en gesê " OU JORS, NOU HET ONS REGTIG NIKS, SOOS IN NIKS,...... OM OOR TE WORRY NIE"
Kom ons probeer as 'n omgee groep hierdie twee mense help met 'n bydrae. Elke sent gaan hul help.
Hul nood is groot!
Vreugde en vrede vir julle.
NS. Produk skenkings kan gestuur word na
Vaalrivier NG Kerk. Plot 67
Northdene CNR Elizabeth Eybers & Barrage Rd. Vanderbijlpark.
https://www.backabuddy.co.za/campaign/from-the-ashes-help-daan-and-ilze-burger