19/12/2020
Dit is met groot hartseer dat ek Bart se Karavaan nie meer uitverhuur nie. Ek moes die wa as gevolg van onvoorsiene omstandighede verkoop en ek vertrou dat haar nuwe eienaars haar goed sal op pas. Ek gaan die blad nie sluit nie, want ek weet met God se hulp gaan ek in die toekoms sommer nog 3 waens koop en weer begin !!!! Ek dank almal wat my deur die jare ondersteun het. Elke klient was vir my spesiaal en elke klient het altyd iets in die wa gelos vir ander om te gebruik. Julle is almal awesome mense !!! Ek wil julle almal ook 'n geseende Christusfees toewens, en mag 2021 gevul wees met al God se wonderlike seeninge en beloftes...kampgroete !!!! Bart !!!!!