Totally Loving Christ

Totally Loving Christ We are a group of young people who are on a mission to bring more souls to GOD and to also help peop we sell and buy used cars

15/10/2020

The Protestant Reformation restored much Biblical truth to the world. And while persecution drove many Reformers from Europe, God continued to correct doctri...

31/01/2014

Ek het 'n SPESJIL BREKVIS vi jou vidag.*dine*'n glas fol omgee, 'n borkie fol liefde,'n furk fol vitroue,'n bakkie fol gebede,O:)en niks mak vettie!! Maggi Here jou seen...dat jou toointjies vuisies mak,jou Ruggi nooit jukkie, jou badwater vi ure warem bly en jou traainkies van blygeit ytkom. Lekker dag en geniet jou brekvis.

28/01/2014

GEBED is soos olie wat drup en drup op 'n geroeste deurskarnier. Stadig maar seker sal die deur oopswaai, die lig sal deurbreek en wonderwerke sal gebeur en DIT NET OMDAT DAAR GEBID IS!! Die lewensreis sluit ompaaie in, gebroke drome, verkeerde afdraaie, selfs doodloopstrate. Maar op Sy tyd tree God in en gee wysheid en rigting. Mag HY in beheer wees van jou lewe en die enigste rigtingwyser wees.

Mag jy n dag met unmerited favour beleef op alle vlakke in jou lewe. Lekker daggie!

28/01/2014

Ek het gevra vir krag sodat ek kon presteer
Toe maak Hy my swak sodat ek kan leer.

Ek het gevra vir gesondheid sodat ek groot dinge kon verrig
Toe gee Hy genade sodat ek kan besef daar is 'n beter plig.

Ek het gevra vir rykdom sodat ek geluk kon koop
Toe gee Hy armoede om my van my hoogmoed te stroop.

Ek het gevra vir mag sodat ander my kan prys
Toe gee Hy my die wysheid om Sy liefde te kan wys.

Ek het gevra vir alles in die lewe sodat ek dit kon geniet
Toe gee Hy my 'n hart wat ten spyte van die lewe
vreugde kan bied.

Ek het niks ontvang waarvoor ek gevra het nie,
Maar in Sy oneindige wysheid, liefde en genade het Hy
my meer gegee as waarvoor ek ooit kon hoop.

Want selfs al gaan ek deur donker dieptes hoef ek nou nie meer bang te wees nie. 

U is by my.

By U is ek veilig.

U goedheid en liefde is my huis en my hart.

Nou kyk ek op na die berge en weet U is daar.

U sal my beskerm teen alle gevaar.

14/11/2013
14/11/2013

vandag voel ek om weer hierdie boodskap op sit....
MOET NOOIT in jouself twyfel OF jouself te min ag nie OF toelaat laat mense die vonkel in jou oe steel nie... Jy's God se MEESTERSTUK, en n BLOEISEL uit sy tuin.!! Mag jy n wonderlike geseende dag he!
Ons God is groot en almagtig vertrou op Hom!

Die Here is goed. In tye van nood is Hy ’n veilige vesting. Hy beskerm elke mens wat op Hom vertrou.  (NAHUM 1:7 NLV)
11/10/2013

Die Here is goed. In tye van nood is Hy ’n veilige vesting. Hy beskerm elke mens wat op Hom vertrou.
(NAHUM 1:7 NLV)

13/09/2013

Soms is n mens se lewe vol glasstukke,
Wat baie seer en diep sny,
Maar die Here skraap al die stukkies glas bymekaar
Herrangskik dit en maak die mooiste mosaiek daaruit.
Dis hoekom jy so mooi mens is,
Jy het toegelaat dat GOD jou skep, Elke dag!

Geniet jou dag en dankie dat jy so spesiaal is.
·
· Moenie vandag probeer om GOD se hand vas te hou nie...
· Laat Hy joune vashou! Hy doen die hou werk,
· doen jy net die vertrou werk.
· Mag jy Sy vashou werk beleef.

13/09/2013

Maak tyd om die storie te lees :
God Het My Gekry!

Professor John Powell, het die volgende insident vertel oor 'n student wat in sy klas was en wat vir Jesus bevraagteken het. Hy skryf :

"Sowat twaalf jaar gelede het ek gestaan en kyk hoe my studente die klas
instap vir hulle eerste lesing van Die Teologie Van Geloof. Daar het ek vir
die eerste keer vir Tommy gesien. Ek het my oë geknip om seker te maak ek
sien reg: hy was besig om sy lang hare te kam - hare wat tot ses duim
onderkant sy skouers gehang het. Dit was die eerste keer dat ek 'n seun
gesien het met sulke lang hare - daardie mode het seker maar so pas die
wêreld getref. Ek het natuurlik besef dat dit nie dít op jou kop is wat tel
nie, maar wat binne is, maar ek was totaal onvoorbereid vir hierdie gesig.
In my gedagtes het ek vir Tommy geliasseer onder "V" vir Vreemd - baie
Vreemd..

Dit het so uitgedraai dat Tommy die "plaaslike ateïs" van my Teologie klas
was. Hy het tot vervelens toe gekerm, smalende aanmerkings gemaak, en enige
moontlikheid van 'n onvoorwaardelike, liefdevolle Vader/God in twyfel
getrek. Ons het mekaar in relatiewe vrede verdra vir die eerste semester,
maar ek moet byvoeg dat hy dikwels maar vir my 'n ernstige pyn in die
agterbanke was..

Na die eindeksamen stap hy na my toe en vra smalend: "Prof, d**k jy ek sal
ooit vir God vind?"

Ek besluit om 'n bietjie skokterapie toe te pas: "Nee!", sê ek kortaf.

"O," reageer hy verbaas, "Ek het ged**k u sal die produk wou verkoop."

Ek het hom kans gegee om so vyf treë uit die klas te loop voordat ek hom
agterna geroep het: "Tommy, ek d**k nie jy sal ooit vir God kry nie, maar
ek is beslis seker dat Hy vir jou sal kry!"

Hy het vir 'n oomblik gehuiwer, en toe verdwyn hy uit my klas en uit my
lewe. Ek was teleurgesteld dat hy nie my slim antwoord: "Hy sal jou kry!"
gesnap het nie. Ek het ten minste gedínk dat dit 'n baie slim lyn was......

Ek het later verneem dat Tommy graad gevang het, en ek was dankbaar. Maar
toe kom die droewige nuus: Tommy het terminale kanker.. Voordat ek hom kon
opsoek het hy eendag na my toe gekom. Ek het geskrik toe hy in my kantoor
instap - sy liggaam was uitgeteer, en die pragtige lang hare het uitgeval
van die chemoterapie, maar sy oë het geblink en sy stemtoon was vir die
eerste keer selfversekerd.

"Tommy, ek het so baie aan jou ged**k. Ek hoor jy is siek", stamel ek dit
uit.

"O ja, ek is baie siek. Ek het kanker in albei longe. Ek het nog net 'n
paar weke oor."

" Kan jy daaroor praat, Tommy?" wou ek weet.

"Seker, wat wil jy weet?" antwoord hy.

"Hoe voel dit om maar net vier en twintig te wees, en sterwend te wees?"

"Aag, dit kon baie erger gewees het."

"Hoe so?"

"Wel, ek kon vyftig gewees het sonder enige lewenswaardes of ideale;
vyftig, en al wat tel is drank, om vrouens te verlei, en om geld te maak;
dat dit die enigste groot dinge in die lewe is."

Ek het deur my liasseringstelsel begin soek onder die letter "V", daar waar
ek vir Tommy onder "Vreemd" geliasseer het. Dit lyk vir my dat almal wat ek
probeer van ontslae raak in my klassifikasie - vir hulle stuur God weer
terug in my lewe in om my te kom opvoed.

"Waaroor ek u eintlik kom sien het", sê Tommy, "is oor iets wat u gesê het
op die laaste dag wat ek in u klas was." (Hy het sowaar onthou!)

Ek het u gevra of ek ooit vir God sou vind, en u het 'Nee!' gesê - iets wat
my werklik verbaas het. Maar toe sê u 'Maar Hy sal JOU vind.' Ek het baie
hieroor naged**k, alhoewel my soeke na God nie juis baie ernstig was nie.

(My slim antwoord! Hy het sowaar daaroor naged**k!)

"Maar toe kom die slegte nuus, toe die dokters 'n knop uit my lies moes
verwyder, en hulle my moes meedeel dat dit kwaadaardig was. Dit is tóé wat
ek eers werklik vir God begin soek het. Die kanker het deur my hele liggaam
versprei, en ek het my vuiste rou geslaan teen die hemel se poorte .....
maar God het nie te voorskyn gekom nie. Om die waarheid te sê, het absoluut
niks gebeur nie! Professor, het u al ooit vir 'n lang tyd baie hard probeer
om iets reg te kry sonder sukses? Sielkundig takel dit jou totaal af. Jy
raak moedeloos, en uiteindelik gee jy moed op.

Wel, een oggend het ek wakker geword, en in plaas daarvan dat ek weer 'n
paar bakstene oor daardie hoë muur van die hemel probeer gooi het om God,
wat dalk nie eers daar is nie, wakker te maak, het ek net opgehou probeer.
Ek het besluit dat ek rêrag nie meer omgee oor God of Sy ewige lewe of
enigiets nie. Ek het besluit dat ek die tydjie wat ek oor het, baie beter
kon gebruik deur iets werklik lonend te doen. Ek het baie ged**k aan die
dinge wat u in die klas vir ons gesê het, en een van die dinge wat ek kon
onthou was dat u gesê het: 'Dit is tragies om deur die lewe te gaan sonder
liefde. Maar dit is net so tragies om hierdie wêreld te verlaat sonder dat
jy vir diegene wat jy liefhet vertel het dat jy hulle liefhet.'

En so begin ek toe met die moeilikste een - my pa. Hy het gesit en koerant
lees toe ek by hom kom.

"Pa....."

"Ja, wat?" Hy het my geantwoord sonder om eers die koerant te laat sak.

"Ek wil graag met Pa praat."

"Nou toe, praat maar."

"Pa, dis baie belangrik."

Die koerant sak so effens. "Wat is dit?"

"Pa, ek is lief vir Pa. Ek wou maar net hê dat Pa dit moet weet."

(Tommy het breed geglimlag, en ek kon duidelik sien dat 'n warm gloed van
vreugde uit hom straal.)

"Die koerant het uit my pa se hande geval. En toe doen hy twee dinge wat hy
nog nooit voorheen gedoen het nie: hy het gehuil en hy het my styf
omhels. Ons het die hele nag deur gesels. Dit was 'n wonderlike gevoel om so
naby aan my pa te wees, om sy trane te sien en sy omhelsing te voel, en om
hom net te kon hoor sê dat hy my liefhet.

Met my ma en my kleinboet was dit makliker. Hulle het ook saam met my
gehuil en my omhels, en ons het mooi dinge vir mekaar gesê. Ons het die
dinge met mekaar gedeel wat ons al die jare vir mekaar geheim gehou het.

Daar was net een ding waaroor ek so bitter jammer was - dat dit so lank
moes vat voordat ons hierdie dinge kon doen. En hier was ek nou, besig om
oop te maak teenoor almal wat al die jare baie naby aan my was.

En eendag, toe ek weer sien, toe was God daar! Hy het nie na my toe gekom
toe ek Hom gesmeek het nie. Ek d**k ek was dalk soos 'n leeutemmer wat met
my hoepel gestaan het en vir God probeer sê het: 'Spring! Spring! Ek gee U
drie dae - drie weke.......' Dit lyk my God doen dinge op Sy eie manier, en
op Sy eie tyd. Maar die belangrike ding was dat God daar was! Hy het my
gevind. Ja, u was reg Prof., Hy het my gekry, selfs nadat ek opgehou het om
vir Hom te soek.."

My mond het oopgehang: "Tommy, jy het iets baie belangrik vir my vertel -
iets wat baie, baie groter is as wat jy dalk sou besef. Wat jy eintlik sê,
is dat die maklikste manier om God NIE te vind nie, is om Hom jou
persoonlike besitting te probeer maak - 'n soort-van probleemoplosser of 'n
kits-troos wanneer jy in die nood is. Dit is beter om eerder net jou hart
oop te maak vir liefde. Jy weet, Paulus het gesê dat God liefde is, en dat
as jy in liefde leef, dan leef jy met God, en God in jou.

Tom, kan ek jou 'n groot guns vra? Jy weet, die tyd toe jy in my klas was,
was jy vir my 'n groot pyn. Maar nou kan jy opmaak vir alles, as jy sou
instem om na my Teologie-klas toe te kom en vir my studente te kom vertel
wat jy vanoggend vir my vertel het. Hoe lyk dit? Jy weet, as ek dit vir
hulle moet vertel sou dit nie naasteby dieselfde effek hê nie."

"Ooooo ........ ek weet nie so mooi nie - ek was gereed om vanoggend met u te
kom praat ......... maar vir die klas - daarvoor sien ek nie so mooi kans nie."

"Gaan d**k maar daaroor, en as jy gereed is laat jy my weet."

'n Paar dae later skakel Tommy my: hy was gereed om sy verhaal met die klas
te kom deel, en hy wou dit doen vir God en vir my. Ek het 'n afspraak met
hom gemaak, maar hy kon daardie afspraak nooit nakom nie, want daar was 'n
ander, baie belangriker afspraak wat hy moes nakom - baie belangriker as ek
of die klas.

In der waarheid was sy lewe nie be-eindig deur sy dood nie - dit het net
verander. Hy het die reuse stap geneem van geloof na werklikheid. Hy het 'n
nuwe lewe gekry, baie mooier as wat ek en jy ooit van kan droom - baie
heerliker as wat enigeen ooit gesien of ondervind het.

Voordat Tommy dood is het hy nog een laaste maal met my gepraat:

"Ek sal dit nie kan maak na die klas toe nie."

"Ek weet Tommy."

"Sal u asseblief vir hulle vertel? Sal u .... my verhaal aan die hele
wêreld vertel .... asseblief?"

"Ek sal, Tommy, ek sal my bes probeer."

Dus wil ek vanoggend vir jul, my liewe vriende, baie dankie sê dat jul die
tyd afgestaan het om hierdie eenvoudige verhaaltjie van liefde te lees. En
vir jou, Tommy, daar waar jy êrens in die hemel is - ek het vir hulle
vertel Tommy, so goed as wat ek maar kon.

Asb julle kom on maak ons harte oop vir die dogtertjie xHi julle, So bietjie agtergrond. My dogtertjie is nou 6 jaar oud...
06/09/2013

Asb julle kom on maak ons harte oop vir die dogtertjie x

Hi julle,

So bietjie agtergrond.

My dogtertjie is nou 6 jaar oud, ons het op 6 maande oud bevestig dat sy gebore is met 'n uitermatige gehoorverlies in beide haar oortjies.

Dit het ons 2 jaar gevat om genoeg fondse in te samel vir haar eerste "cochlear implant"

Ons het besluit om Pretoria toe te trek sodat sy skool toe kon gaan. Op daardie stadium was sy in Sonitus ingeskryf, maar dit het glad nie goed gegaan nie. Sy was so ver agter, sy was anti sosiaal, sy het net versleg.

Ons het toe die geleentheid gekry om haar in Edu-Plex te sit, en laas jaar het ons genoeg fondse bymekaar gekry vir haar 2de inplanting. Sy het in 3 jaar gevorder sodat sy nou op 3 jarige vlak met haar spraak is. Maar dis nog lank nie genoeg nie. Sy is hoogs intelligent. Sy toets op arbeids vlak met van haar goed selfs op 8 jaar oud, wat fantasties is, maar haar spraak is baie ver agter en sys ook tas sensitief wat net deur arbeids terapie kan reggestel word.

Ons het al alles vir haar gedoen, van fudge maak, karre was, shows, oggend tees en golfdae reel tot by strikkies verkoop en bikers dae reel.

Ons huidige projek gaan strek van November tot einde Desember.

Ons gaan kleinkoekies in mooi versierde blikke sit en dit dan verkoop om vir haar terapie ens te betaal. Maar ons het julle almal se hulp nodig! Ons vra asb dat julle ons ondersteun in ons projek sodat ons Jenny kan help.

Vir meer besonderhede kontak gerus 084 209 0256 of [email protected]

04/09/2013

Nuwe Leeuloop! Jesus se Regloop!

As jy wil weet wat die Regloop is, En jy weet waar die Regloop rus... Die duiwel is baie verlydelik Maar die woord gaan aan jou stap vir stap verduidelik... Een, twee, sit jou hande in die lug op & prys die Here! Want Hy het ons sonde vergewe: Buig voor die Here onse Vader! Laat ons almal saam in Sy Naam vergader! Bring al jou vriende en juig: Laat ons voor Hom getuig, Nuut Gebore, Sonde Vergewe, Nuut gebore, as jy wil... Solank jy net Regloop! "Wanneer jou voetjies nie meer wil loop nie...70x7 = JOU B***T: "Dit begin by MY!

29/08/2013

@>-- Heer, Hoe sê mens Dankie...
@>-- Vir dit wat mens het?
@>-- Vir soveel Liefde...
@>-- 'n Huisie...
@>-- 'n Bed!
@>-- Heer, ek het nie veel nie...
@>-- Maar dit weet U klaar!
@>-- Die bietjie wat ek het...
@>-- Is vir my so Kosbaar!
@>-- Heer, ek tel elke dag my Seëninge...
@>-- Een vir een!
@>-- Want ek weet...
@>-- Wat ek het is net vi my geleen!
@>-- Heer, soms kan my Lewens-Storms ook maar woes slaan...
@>-- Ma steeds laat U my Huisie vas staan!
@>-- Heer, U beskerm my en...
@>-- My Familie al ons hele lewe lank!
@>-- En soms weet mens nie...
@>-- Hoe om U te bedank nie!
@>-- Heer, my geld is min...
@>-- My huisie is klein...
@>-- Maar dit is so asof daar meer...
@>-- Sonlig in my ou Huisie skyn!
@>-- Heer, ek kyk vas in Glimlaggies...
@>-- En kry Drukkies elke dag!
@>-- My God...
@>-- Ek kan dit weer terug gee!
@>-- Want U is my Krag!
@>-- Heer, soms laat die lewe my ook...
@>-- Opdraende loop!
@>-- Ek het geleer waar daar lewe is...
@>-- Is daar Hoop!
@>-- Heer, ek het leer swem toe...
@>-- Di Lewens-Branders op hul woeste geslaan het!
@>-- Toe ek struikel en afdwaal...
@>-- Was U die een wat verstaan het!
@>-- Heer, U het Hartseer...
@>-- Pyn en ook soms...
@>-- Twyfel op my pad gebring!
@>-- U het weer 'n Melodie in my lewe gegee toe...
@>-- My hart nie meer die Lied van die lewe wou sing nie!
@>-- U het soveel keer my uit die donker dieptes van die lewe kom haal...
@>-- Juis wanneer ek d**k als het my gefaal!
@>-- Heer, U het my totaal verstom...
@>-- Toe ek heel by die Wenpaal anderkant uitkom!
@>-- Darom buig ek vandag my kniëe in gebed en sê:...
@>-- *Dankie Heer...
@>-- Vir dit wat ek het!*
@>-- Amen! @>--({}

Address

Steve Biko
Pretoria

Opening Hours

Monday 07:00 - 18:00
Tuesday 07:00 - 18:00
Wednesday 07:00 - 18:00
Thursday 07:00 - 18:00
Friday 07:00 - 18:00
Saturday 07:00 - 18:00
Sunday 07:00 - 18:00

Telephone

+27834443738

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Totally Loving Christ posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Totally Loving Christ:

Share