05/11/2017
SUIDWES MELKTERT Dis nou Lekker (Like ons Blad)
Die is nou n lekker nagereg na die lekker braai en sal almal se soettand mal maak van lekkerte.
(2 Melktert)
KORS:
125 g margarien
60 ml witsuiker
1 eier
500ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
knypie sout
VULSEL:
1,5 liter melk
60ml (50g) margarien
4 eiers
250 ml witsuiker
150 ml mielieblom
125 ml koekmeelblom
knippie sout
5 ml vanieljegeursel
kaneel
METODE:
Smelt margarien oor lae hitte. Klop die witsuiker en eier vinnig daarby.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier ensout saam en meng dit met die eiermengsel.
Druk die deeg met die vingers teen die wand en op die boom van twee tertborde, elk met 'n volume van 1liter.
Prik die korse en hou dit eenkant.
Kook die melk en botter of margarien in 'n dikboomkastrol. Klits die eiers en witsuiker baie goed saam tot liggeel en sponsagtig dik.
Voeg die mielieblom, koekmeelblom, sout en vanieljegeursel by en klits dit verder totdat alles by die eiermengsel ingeklits en daar geen klontjies is nie.
Klits 'n bietjie van die kookmelkmengsel by die eiermengsel. Klits die eiermengsel nou by die res van die kookmelkmengsel.
Plaas dit terug op die warm stoofplaat en roer dit vinnig totdat dit begin kook.
Skakel die plaat af, sit die deksel op en laat die vulsel 'n paar minute staan.
Giet die warm vulsel in die rou korse.
Sif kaneel oor.
Bak die terte ongeveer 20 minute lank in voorverhitte oond by 180ºC totdat die korse gaar is.
Sit dit louwarm of koud voor.
===============================
2 DAE OOR PROMOSIE
VOORTREKKER RESEPTE BOEK R100 Waarde R250
Promosie - Kry ons Poeding Boek Gratis Waarde R199
Stuur Email Na Email: [email protected]