03/09/2026
ANDRE 4X4 | EPISODE 10💥
Volgende week vat 4x4 met André ons op ’n avontuur waar die roete ’n bietjie dieper loop – reguit die hart van een van Namibië se belangrikste stories in: wildbewaring.🇳🇦🐾
In renosters se wêreld trek André en die span saam met ’n plaaslike gids die onbekende in, na ’n afgeleë wêreld waar renosters steeds vrylik rondbeweeg in hul natuurlike habitat.🌄🦏
Maar agter elke renoster lê daar ’n groter storie. ’n Storie van mense wat elke dag die ekstra myl stap, van uitdagings wat nie altyd sigbaar is nie, en van die onvermoeide werk om Namibië se wild vir die toekoms te beskerm.🙏
🗓️Maandag 7 September
⏰17h30
📺kykNET Kanaal 144 op DSTV