7delaan Maak My Skaam

7delaan Maak My Skaam Robert Daniels is 'n skrywer, joernalis, kommunikasie, skakelwese en inhoud vervaardiger. Die grappies handel slegs oor die storielyn en fiktiewe karakters.

Robert Daniels skryf sedert 2009 die skreeusnaakse rubriek,
7delaan Maak My Skaam vir Media24 se Son Koerant en dis van dag een af 'n weghol sukses met meer as 200 000 lesers (ABC Q2 2019)

Sy skrywe kan by tye as kras beskryf word, maar bevat geen rassisme of haatspraak en die akteurs word nooit persoonlik benadeel of tenagekom nie. Kontak gerus die blad as jy ongemaklik voel oor iets wat gesê is.

Happy Birthday Mooi Vrou!
22/02/2026

Happy Birthday Mooi Vrou!

Ek het gisteraand by my outjie geslaap. Net geslaap don't worry, nie dat dit enigstens julle besigheid is wat ek in die ...
22/02/2026

Ek het gisteraand by my outjie geslaap. Net geslaap don't worry, nie dat dit enigstens julle besigheid is wat ek in die nag doen nie, maar ons het sommer bo op die duvet gelê want dit was mos daardie "lê soontoe" soort warm gisteraand soos julle almal mos weet.

Lang storie kort, toe ek vanoggend die bed opmaak (ja mens maak 'n bed op al het jy nie onder die komberse goed geslaap nie)

Beddegoed moet elke dag lig en lug kry. 'N bed is nie 'n broeiplek nie. Jy het nie 'n heatrash nie. As jy d**k jy het dalk 'n heatrash, vra eers jouself, "ruik my beddegoed bedompig? Is my laken ivory of moet hierdie goed gewas word? Het ek off-white beddegoed gekoop of is my beddegoed dalk net vuil? Hoekom hou my bottel Jik so lank?"

Antwoord eerlik en besluit dan self of dit 'n heatrash is. Dis nie altyd nagmerries wat ons wakker hou nie. Soms byt iets jou.

Anyway punt van my storie is ek sien toe sy laken is tangerine of helder oranje. Ek lei mos aan angs en as ek gister aand hierdie laken gesien het sou ek niks geslaap het nie.

Helder kleure is vir kleuterskole, uitverkopings, kinder eenhede by hospitale en Boswell & Wilkie se sirkus. Beddegoed moet verkieslik wit of dalk grys wees. Kussingslope en lakens moet wit wees. Jou duvet cover is jou duvet cover, doen wat jy wil. Ek verkies natuurlik wit, maar jy is groot en dis jou geld, so maak wat jy wil met jou duvet cover.

Julle gaan nou skree, "nee dit word gou vuil", maar engel jy moet dit elkgeval elke week was of change. So dit maak nie saak nie. Ons moet almal weer saans begin was voor ons gaan slaap soos toe ons klein was. Kies 'n tyd en maak dit elke aand jou bad/was/stort tyd. Jou beddegoed sal langer mooi skoon bly. Jou gesig en kopvel sal minder uitslaan, hare sal langer skoon lyk en voel. En dit alles tedanke aan wit beddegoed en saans was voor ons gaan slaap.

Dis dan die einde van hierdie week se advies vir 'n beter 2026.

Mavis Vannie Lavis was baie gereeld haar beddegoed en mens kan sien. Daai is een netjiese dame wanneer sy nie k@k praat op Facebook nie. Kakpraatkosniksi se outjie is net so netjiese klong so ek weet hy was elke week sy beddegoed.

Daai Colored Girls Rock!!! Se dametjie love mos sukke public service announcements so ek weet sy gaan share. Regte staatmaker daai kind. Ek moet nou gaan uitfigure hoe ek hierdie orange laken en kussings gaan maak verdwyn sonder dat outjie oplet. Lyk my ek gaan vanmiddag bietjie Sheet Street toe.

Lekker week vir julle almal. Ek hoop julle was kerk toe.

Robbie

Come on Lieweheksie. Julle moet tog so versigtig wees met Shein se produkte.
20/02/2026

Come on Lieweheksie. Julle moet tog so versigtig wees met Shein se produkte.

19/02/2026
18/02/2026

Jy praat ougat goete met die mans by die werk, maar tuis moet jou man hoor "lê soontoe, dis warm".

Ons weet van jou.

Wag gou. Mr. Price? Waarmee is U besig meneer? Wat noem U dit? So ons doen nie meer Pedicures voor ons photoshoots doen ...
14/01/2026

Wag gou. Mr. Price? Waarmee is U besig meneer? Wat noem U dit?

So ons doen nie meer Pedicures voor ons photoshoots doen nie? Ons vaaltoon net die ding? Ons langnael net die ding?

Dis grusaam

14/01/2026

Het julle gesien wat Pritt kos?

Ek het nie kinders nie. Ek is selebaat. Ek soekitie, maar hierdie pryse is waansinnig.

Hoolihah
27/11/2025

Hoolihah

DIE pastoor wat ’n vermeende dief se hande met ’n panga afgekap het om hom te leer ‘jy mag nie steel nie’, is Maandag tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

27/11/2025
27/11/2025

Die hamper antie skryf dan nou vir my boodskap. Toe ek vra om die hamper tesien.

"We walk by faith, not by sight"

Address

Onrus
7200

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when 7delaan Maak My Skaam posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to 7delaan Maak My Skaam:

Share