08/10/2026
Stef’s Auto betuig ons diep meegevoel en simpatie aan die Du Preez-familie en geliefdes
Met groot hartseer neem ons afskeid van ons maat, Willie du Preez.
Ou Willa, dankie vir die jare van vriendskap, jou lojaliteit as sakegenoot en, bo alles, vir die mens wie jy was. Jy was altyd vriendelik, jou christenskap deurgaans in jou handel en wandel, altyd positief en bereid om te help en te ondersteun. Jou teenwoordigheid het ’n verskil gemaak, en ons sal die mooi herinneringe, die goeie tye en alles wat jy ons geleer het, altyd koester.
Ons harte gaan uit na Leandri, die kinders, familie en vriende in hierdie ongelooflik moeilike tyd. Mag julle troos vind in die wete dat Willie ’n besondere plek in baie mense se harte gehad het en dat sy nalatenskap deur die herinneringe aan hom sal bly voortleef.
Rus in vrede, ons maat. Jy sal opreg gemis word.
Stef’s Auto