18/04/2026
So loop die storie.....
2006 Mitsubishi Pajero 3.2Did Auto
Sy het maar haar rekmerke na 20 jaar om die blok, 305000km, klink baie, teruggewerk is dit 45 kilos n dag. Klink darem nou heelwat beter.
Almal sal nou wel hulle eie storie rondom die kilos hê natuurlik, so jy kan nou stout kinders met albasters gooi, n sambreel in my huis oopmaak of voer n vet kind koek, maar ons gaan nie stry oor die 45km n dag nie.
Ek het nuwe wiellaers voor laat doen, ek weet jy wonder nou, dit is afrikaans vir wheelbearing. Les kom verniet by.
Diensboek het sy, ek stuur haar weer vir n diens voor sy by jou aansluit, want jy gaan reken jy sal haar later diens en dan voel sy afgeskeep soos n single ou by n Valentines ete.
Meganies loop sy mooi, ratte gly oor soos n paar dik voete op n gladde dansbaan.
Lugversorger werk soos VLV tannie by n kerkbazaar, sonder ophou.
4x4 verrigtinge werk almal saam soos dit moet. Jy besluit hoe en waar jy wil rondskud met jou nuwe wa.
Ek gaan sê vir al my moeite en tyd wat ek insit op haar mooi en gesond te hou mag ek seker n paar rand maak, dit word mens nie aldag gegun meer nie.
My prys R170000......Baie kar vir daai geld veral in ag geneem als word vir jou gemoedsrus reeds gedoen.
Ek vat haar in vir die rekmerkies se mooi maak, dan kan jy weer met haar spog by die mall.
Sy het splinternuwe skoene aan, mense kyk mos altyd na iemand se skoene, verklap baie.
Wel, sou jy belangstel en jy weet wat die weet wat weet, van n 3.2Did motor, is jy in vir n goeie kopie. Ek maak jou n omstap kort film, jy kyk en besluit.
Ek is in Knysna......beskikbaar op WhatsApp. 071 998 2517.
Kom ons wees nice met mekaar
☎️071 998 2517
071nege nege 8 twee 517