28/08/2026
💚 Partykeer is ’n voertuigaflewering soveel meer as net die oorhandiging van sleutels…
Hierdie een is besonders na aan ons harte. ❤️
Van die heel eerste fluisteringe oor die ORA het Benita al geweet: “Dít is my kar.” Sy het gewag, uitgesien en gedroom – en vandag is daardie droom uiteindelik ’n werklikheid. ⚡🚗
Maar wat die oomblik nóg meer besonders maak, is dat haar nuwe GWM ORA 5 deur haar eie seun, Marius, aan haar oorhandig is. Van seun aan ma - ’n oomblik wat ons nie sommer sal vergeet nie. 🥹❤️
Marius se boodskap aan sy ma:
Baie, baie geluk, Mamma, met jou langverwagte nuwe wiele! Mag jou ORA vir jou net geluk en vreugde bring, en mag daar duisende veilige kilometers en mooi herinneringe voorlê.
Van jou hele Valor Motor Group-familie - geniet elke liewe oomblik. Jy het lank genoeg hiervoor gewag! 🥂🔑