03/11/2026
Caledon Toyota Knights tesame met Toyota SA en SA Cares for Life, maak hierdie kersfees helder vir kinders regoor Suid-Afrika. Caledon Toyota is ’n amptelike insamelingspunt vir die Toyota Knights Kersfees Geskenksak Projek.
Sit ’n kersfeesgeskenk bymekaar vir ’n kind tussen 3–17 jaar.
Skenk items soos los speelgoed, skryfbehoeftes, higiëne produkte, lekkers, geskenkpapier of leë skoenbokse en laai dit by Caledon Toyota af.
Jy kan ook ’n finansiële bydrae gee en ons sal dit aanwend om ook die bokse vol te kry.
Versprei die woord deur die advertensie te share.
Merk jou boks deur aan te dui of dit vir ’n seun of dogter is, asook die ouderdomsgroep – ’n mooi kort briefie by sal ook oulik wees.