Matzikama-CarOwners Society

Matzikama-CarOwners Society We’re more than a car club. We share a love for engines, clean builds and a commitment to giving back.

If you love cars and care about your community, this is your lane. Respect the ride, respect the people, and help us drive a positive impact.

MCO SOCIETY Soms hoef ’n mens nie ’n groot ding te doen om ’n groot verskil in iemand se lewe te maak nie. Vandag deel o...
30/09/2026

MCO SOCIETY

Soms hoef ’n mens nie ’n groot ding te doen om ’n groot verskil in iemand se lewe te maak nie.

Vandag deel ons met trots ’n spesiale oomblik uit die hart van MCO Society. Deur ’n borgskap wat ons ontvang het, het ons besluit om terug te gee en ’n jong seun te help om sy droom ’n stap nader aan die werklikheid te bring. 🙏🏽

Ons het hom met R1 000 geborg dalk lyk dit vir sommige soos ’n klein bedrag, maar vir iemand met ’n groot droom kan dit die boodskap beteken: “Ons glo in jou. Moenie opgee nie.”

Ons hoop hierdie bydrae gee hom nuwe moed, nuwe hoop en die krag om aan te hou jaag na dit waarvoor sy hart klop.

Want dit is waaroor MCO Society gaan. Ons is meer as net karre. Ons is ’n familie, ’n gemeenskap en mense wat mekaar wil sien groei en suksesvol wees. 🤝🏽

Ons doen daarom ’n beroep op ons hele gemeenskap: Kom ons hou aan om mekaar op te bou. Kom ons kyk uit vir ons jongmense, ondersteun hulle drome en gee hulle ’n rede om te glo dat enigiets moontlik is.

Jy hoef nie altyd baie te hê om iets te gee nie. ’n Klein bydrae, ’n helpende hand of net die woorde “Ek glo in jou” kan iemand se lewe verander.

Aan hierdie jong dromer: Moet nooit ophou glo in jouself nie. Hou aan droom. Hou aan werk. Jou storie het nog ’n lang pad om te loop.

As ’n gemeenskap staan ons sterker wanneer ons saamstaan.
Kom ons maak ’n verskil een droom, een mens en een helpende hand op ’n slag. 🙏🏽

Een Crew. Een Passie. Een Familie.
MCO Society Meer as net karre.

NEWIE IN MATZIKAMA – SONG OF HOPE MCO Society is proud to share and support this beautiful Gospel & Community Show comin...
23/09/2026

NEWIE IN MATZIKAMA – SONG OF HOPE

MCO Society is proud to share and support this beautiful Gospel & Community Show coming to the Matzikama community. 🙏🏽❤️

📅 Saturday, 28 November
📍 Vredendal North Civic Hall / Sportsgrounds
🚪 Gates open: 15:00
🎶 Show starts: 17:00
👗 Dress Code: ALL WHITE

Tickets:
Kids – R50
Adults – R150
VIP – R200

Featuring Newie, the hitmaker of Song of Hope, with an amazing lineup of singers, Trompoppies Junior Dance Group from Lutzville, and MC Jessica Daniels.

Foodstalls will be available.

MUSIC • HOPE • FAITH • UNITY 🙏🏽

MCO Society encourages our members, families and the wider community to support events that bring people together and create positive moments in our communities. 🖤💛

One Crew. One Passion. One Family.
More Than Just Cars.

Saterdag het MCO weer ons party packs in Vanrhynsdorp uitgedeel, en dit was ongelooflik mooi om die glimlagte op die kle...
24/08/2026

Saterdag het MCO weer ons party packs in Vanrhynsdorp uitgedeel, en dit was ongelooflik mooi om die glimlagte op die klein kinders se gesigte te sien. 🥹❤️

Die opgewondenheid en geluk toe hulle hul pakkies ontvang het, het ons weer herinner hoekom ons dit doen. 🙏🏽✨

Dit gaan nie altyd oor groot dinge nie soms is dit net ’n klein gebaar wat vir ’n kind ’n groot verskil maak. ❤️

MCO is meer as net ’n car crew ons wil ’n community wees wat omgee, saamstaan en teruggee. 🤝🏽🔥

Dankie aan almal wat deel was van die dag en gehelp het om hierdie glimlagte moontlik te maak.
Dankie ook aan Kito van Louw taxis in Vredendal Dat jy altyd ons projekte ondersteun

MCO Togetherness. Community. Love.

GELUKKIGE VERJAARSDAG willshay kok! ❤️🎉Vandag vier ons nie net jou verjaarsdag nie, maar ook die mens en broer wat jy vi...
20/08/2026

GELUKKIGE VERJAARSDAG willshay kok! ❤️🎉

Vandag vier ons nie net jou verjaarsdag nie, maar ook die mens en broer wat jy vir MCO is. 🤝🔥

Jy is iemand wat nie twee keer dink om ’n ander persoon te help wanneer hy jou nodig het nie. Of dit nou beteken om jou pa se voertuig te vat en uit te ry om ’n broer te gaan bystaan jy is daar. 🙏🏽❤️

Sulke lojaliteit, liefde en ’n bereidwilligheid om ander te help, is iets wat nie sommer elke dag gevind word nie. MCO waardeer jou en ons is dankbaar om jou as deel van die familie te hê. ❤️🤝

Mag hierdie nuwe jaar van jou lewe gevul wees met God se guns, vrede, sukses, goeie gesondheid en baie blessings. 🙏🏽 May God continue to guide your footsteps and protect you wherever you go. ❤️

📖 “Die Here sal jou seën en jou beskerm; die Here sal tot jou redding verskyn en jou genadig wees.” Numeri 6:24–25

Geniet jou dag, broer! 🎂🥳🔥
MCO FAMILY ONE BROTHERHOOD, ONE FAMILY! ❤️🤝🔥

31/07/2026

GOEIE DAG MCO FAMILIE

Vandag is die laaste dag van JULIE. 🙏🏽

Net ’n reminder van die God wat ons dien… ✝️

Hy het die see vir Moses oopgemaak 🌊
Hy het die son vir Josua laat stilstaan ☀️
Hy het die tronkdeure vir Paulus en Silas oopgemaak 🔓
Hy het Lasarus uit die dood opgewek 🙌🏽
Hy het die leeus se bekke vir Daniël toegesluit 🦁
Hy was saam met Sadrag, Mesag en Abednego in die vuur en hulle het nie gebrand nie 🔥
Hy het Job se verliese dubbel teruggegee 💯
En Hy het self uit die graf opgestaan! ✝️🔥

Daardie selfde God is vandag nog met JOU.
Nie net met jou nie Hy is VIR jou. 🙏🏽

En as God vir jou is, wie of wat kan teen jou wees? 💯

As die see Moses nie kon stop nie…
As ’n reus Dawid nie kon stop nie…
As die graf Jesus nie kon stop nie…

Dan kan niks en niemand jou stop van dit wat God vir jou beplan het nie! 🔥🙌🏽

Moenie moed verloor oor hoe Julie geëindig het nie.
Vat die lesse, los die pyn, dank God vir die blessings en stap Augustus binne met geloof, fokus en ’n nuwe mindset.

Wat God vir jou bestem het, sal niemand kan wegvat nie.

MCO, LET’S FINISH JULY STRONG!
MEER GELOOF. MEER FOKUS. MEER DOEL.
Augustus is ’n nuwe hoofstuk.

GOD IS WITH US. GOD IS FOR US. 🙏🏽💙

RUGBYDAG & PARTY PACKS -UITDEEL! 🎁🏉Die MCO Family nooi almal uit om deel te wees van ’n dag vol eenheid, gemeenskap en r...
27/07/2026

RUGBYDAG & PARTY PACKS -UITDEEL! 🎁🏉

Die MCO Family nooi almal uit om deel te wees van ’n dag vol eenheid, gemeenskap en rugby!

Voordat ons rugby toe vertrek, gaan onsparty packs aan die kinders in Vanrhynsdorp uitdeel, want by MCO gaan dit oor meer as net karre dit gaan daaroor om ’n verskil te maak. ❤️

📍 Ontmoet by: Daisy Straat 1504, Vanrhynsdorp
🕘 Tyd: 09:00
📅 Datum: 22 Augustus 2026

🏉 Rugbywedstryd:
Invincibles Rugby Club 🆚 Eagles Rugby Club

Bring jou kampstoel, bring jou familie en vriende, en kom geniet die dag saam met ons!

MCO Meer as net karre. Ons maak ’n verskil.

MCO FAMILY 1 JAAR STERK! Gister was nie net nóg ’n dag op die kalender nie. Gister het ons ’n mylpaal bereik wat altyd d...
23/07/2026

MCO FAMILY 1 JAAR STERK!

Gister was nie net nóg ’n dag op die kalender nie. Gister het ons ’n mylpaal bereik wat altyd deel van MCO se geskiedenis sal wees. MCO het amptelik 1 jaar oud geword. 🙏🏽❤️

’n Jaar gelede het ons met ’n droom begin. ’n Droom om iets te bou waar mense welkom voel, waar respek eerste kom, waar ons mekaar soos familie behandel, en waar ons kan wys dat ’n karclub oor soveel meer gaan as net mooi karre.

Vandag kyk ons terug na alles wat ons saam beleef het. Ons het gelag, uitdagings oorkom, mense verloor, nuwe lede verwelkom, saam gery, saam gestaan en saam gegroei. Ons het geleer dat sukses nie gemeet word aan hoeveel karre in die club is nie, maar aan die harte van die mense wat deel daarvan is.

Ons wil vandag uit die diepte van ons harte vir elke persoon dankie sê. Dankie aan elke lid wat elke dag MCO met trots verteenwoordig. Dankie aan elke ondersteuner wat ons poste deel, ons events bywoon, ons aanmoedig en in ons glo. Dankie aan elke persoon wat op enige manier deel was van hierdie ongelooflike eerste jaar.

Ons wil ook vir ons families dankie sê wat ons ondersteun, vir die gemeenskappe wat ons met oop arms ontvang het, en vir elke kind wie se glimlag ons herinner het hoekom ons doen wat ons doen. Die oomblikke waar ons teruggee aan die gemeenskap, party packs uitdeel en mense se lewens net vir ’n oomblik beter maak, beteken vir ons net soveel soos enige car meet of event.

Ons pad was nie altyd maklik nie. Daar was mense wat gesê het ons sal nie ’n jaar maak nie. Daar was kritiek, jaloesie en uitdagings wat ons wou breek. Maar vandag staan ons hier, sterker as ooit. Nie omdat alles maklik was nie, maar omdat ons geweier het om op te gee. Elke uitdaging het ons net nader aan mekaar gebring en ons herinner waarom MCO gestig is.

Bo alles wil ons vir God die eer gee. Sonder Sy genade, leiding en beskerming sou hierdie reis nie moontlik gewees het nie. Hy het deure oopgemaak, ons veilig gehou op die pad en ons deur moeilike tye gedra. Aan Hom behoort al die eer.

Hierdie eerste jaar is nie die einde van ons storie nie dit is net die begin. Daar lê nog baie kilometers voor, nog baie events, nog baie herinneringe om te maak en nog baie lewens om aan te raak. Ons droom is groter as onsself, en ons glo die beste lê nog voor.

Van die bestuur, admins en elke lid van MCO:
Baie dankie aan elke persoon wat deel is van hierdie reis. Julle is nie net ondersteuners nie julle is familie. ❤️

Gelukkige 1ste Verjaarsdag, MCO! 🖤🚗

One Family. One Brotherhood. One Vision. One Legacy.
Die beste moet nog kom. 🔥

Elke glimlag vertel ’n storie. ❤️Hierdie foto’s is meer as net herinneringe dit wys wat kan gebeur wanneer mense met goe...
22/07/2026

Elke glimlag vertel ’n storie. ❤️

Hierdie foto’s is meer as net herinneringe dit wys wat kan gebeur wanneer mense met goeie harte saamstaan.

Verlede Saterdag in Doringbaai het MCO die voorreg gehad om party packs aan die kinders uit te deel voor die rugbywedstryd. Die vreugde op hulle gesigte herinner ons dat selfs ’n klein gebaar ’n groot verskil kan maak.

Aan elkeen wat bygedra het: dankie dat julle deel is van iets wat hoop versprei. En aan die kinders hou aan droom, hou aan glimlag en glo dat julle toekoms blink is.

Saam bou ons aan sterker gemeenskappe, een glimlag op ’n slag. 💙

22/07/2026

MCO Party Pack Run – Doringbaai 💙

Verlede Saterdag het MCO die voorreg gehad om party packs aan die kinders van Doringbaai uit te deel voor die rugbywedstryd.

Elke glimlag op ’n kind se gesig is ’n herinnering dat ’n klein gebaar ’n groot verskil kan maak. Ons hoop hierdie dag het vir elke kind gewys dat daar mense is wat omgee en in hulle glo.

Aan elke kind: Hou aan droom, hou aan glo in jouself en moet nooit dink jou omstandighede bepaal jou toekoms nie. Julle is die leiers van môre, en ons glo elkeen van julle kan groot dinge bereik. ❤️

’n Groot dankie aan elke MCO-lid en almal wat bygedra het om hierdie dag moontlik te maak. Saam bou ons nie net herinneringe nie ons bou hoop.

MCO Saam maak ons ’n verskil. 💙

Meet Juniad 1 of our members from Lutzville and his etios🔥
21/07/2026

Meet Juniad 1 of our members from Lutzville and his etios🔥

Address

Vredendal

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Matzikama-CarOwners Society posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share