Ou 5 Spoed

Ou 5 Spoed Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Ou 5 Spoed, Automotive Dealership, 501 Breed Street, Montana, Pretoria.

Ou 5 Spoed sal jou assisteer om die regte voertuig vir jou unieke spesifieke behoeftes te vind, en jou help om die regte toebehore, finansiele pakette, asook die regte advies gee oor die toepaslike naverkoop produkte .

Die magiese Karoo. Die plek is droog. Dier plante groei yl. Bome is skaars. Die paar bome wat So braaf is om hulself wel...
16/04/2021

Die magiese Karoo. Die plek is droog. Dier plante groei yl. Bome is skaars. Die paar bome wat So braaf is om hulself wel in die Karoo gevestig het, is doodeenvoudig net te hardegat om te vrek, so hardegat soos ou 5Spoed sonder n brandewyn by n Saterdag braai op n beesplaas duskant Amersfoort. Sy skynbare niks is siels bekoorlik. Sy skatte - so uniek soos sy persoonlikheid- verg moeite om te ontdek. Dit dra egter by tot die diep vreugde wat wat jy ervaar wanneer jy hulle een vir een ontdek soos wanneer jy jou hand blindelings in n boks Quality Street sjokolade indruk, en elke verassende sjokolade wat jy uithaal stadig sorgvuldig oopmaak, want jy weet die inhoud daar binne gaan jou smaak sintuie laat ontplof van absolute soet sensasionele sjokolade sensasie.

Van die meer as 6000 verskillende plantesoorte wat in die Karoo gevind word, kom die helfte daarvan slegsin die Karoo voor.Die Karoo is ook skatryk aan fossiele, 250 miljoen jaar oue fossiele, byna sos oud soos ou 5Spoed homself, en isvan die heel oudstes op aarde. Hierdie fossiele form deel van die Karoo se uniekheid, n gebied wat so skaam is om sy skoonheid en versteekte skatte te vertoon soos n koorknapie by n Lollipop Lounge bachellors partytjie.

Die Karoo is hard. Dis n genadelose plekkie aarde waar net diegene oorleef wat die moeite doen om hom intensief en intiem te leer ken en een saan met hom te leef. Taai en geharde mense - en Chuck Norris. Hier maak die stilte die grootste lawaai, en die grootste besoedeling is is n ou stoffie wat deur n warm wind op geskop word wat van nerens af kom nie en nie weet waarheen hy oppad is nie, en n dorre droe graspolletjie wat onwillekeurig agterna doelloos saam dwarrel.

Soos die bekorende simplisiteit van die Karoo, so het Mahindra besluit om hulle benaming vir hulle nuwe reeks bakkies te benader met dieselfde beskeie minimalistiese simplisiteit - P*k UP. Sommerso sonder n '"c", plain en simple, soos die ingelsman mos se. Taai. Simplisteis. Met n robuuste skoonheid, nee, nie soos ou 5Spoed nie, soos die Karoo landskap, so is Mahindra se nuutste dubbelkajuit weergawe van sy gewilde P*k Up bakkie reeks, die toepaslik genoemde Karoo.

Hierdie nuwe Mahindra bakkies lyk sommer baie kwaad van voor af aanskou met sy bedonnerde valk oe wat jou so aangluur asof jy die eerste snotkop knapie is wat vir sy tienerdogter kom kuier - op n weeksaand.....alleen saam met haar in haar fraaie wit en pienk gedekoreerde kamer vol groot sagte teddiebeertjies en muurplakkate van Brendan Pyper en ja, ou poefblaas Justin Bieber. Ou 5Spoed maak nou nog sy satyn - laken - bedekte bed nat van die nagmerries van al daai omgemoerde ooms.......Die toebehore soos die dubbelstaaf rolstaaf, die lekker sterk rotsglyers onder langs die kante, die bakseiltjie, die windafleiders aan die deurvensters, asook die bosbrekertjie is alles in swart, en kontrasteer mooi met die kleur van die bakwerk, wat beskikbaar is in wit, silwer en rooi. Die kant spieels , deurhandvatsels, voor en agter bumpers, asook die aansienlike Arnold Schwartznegger bo- arm wielboe verlengings,is almal kleur gepas in die bakwerk se kleur.

Daar is ook stylvolle swart en rooi kentekens op die deure wat die silhouhette van n Karoo landskap en n tipiese hardegat Karoo boom met Karoo benaming daarop het. Die luginlaat vir die tussenverkoelers op sommige bakkies lyk soos die onsienlike bolip van een van die karakters uit n episode van The Simpsons wat so heeltemal te ver verby sy onderontwikkelde onderkake verbysteek. Die luginlaat op die enjinkap van die Mahindra is egter n besonderse netjies geintegreerde affere, ingebou in die geligde middelste kruin aan die voorste ent van die enjinkap. Dit verleen n selfs nog aggresiewer voorkoms aan die P*k Up, en laat hom lyk soos Vladimir Putin by n tranverstiet teepartytjie - asof sy moer permanent sleg omgekrap is. Die Mahindra vertoon soos n regte bakkie. Nee, hierdie bakkie pluk nie sy ooghare nie, skeer nie sy beenhare nie, kleur nie sy hare nie, en gaan ook nie vir manikure of enige gesig behandelingkies nie. En hy gebruik ook nie gesigroompies nie. Hierdie trokkie bars so uit sy nate van testosteroon hy behoort standaard toegerus te word met een van daai blou rubber bloubul skrotums wat aan die sleepstang hang.

Die dubbelkajuit P*k Up nooi jou uit om hele 1000 kg op sy diep, wye dubbelwand bak te gooi. En hierdie hardekwas kerel kan n stewige 2500 kilogramme geremde gewig aan die disselboom rondsleep. Die deure sluit oop en toe met n liefdevolle drukkie van n knoppie op die sleutel, en sy enjin skakel aan met dieselfde sleutel en met dieselfde liefde. Geen knoppie gedrukkery en onnodige foeffies hier nie.Die instrumentpaneel is van goeie gehalte donkergrys plastiek, vertoon netjies en is eenvoudig uitgele, wat natuurlik dinge vir die bestuurder vergemaklik, en bestuur van die voertuig veiliger maak. Daar is netjiese ligte grys en kleiner chroom bedekte plastiek stroke op die instrumentpaneen, en ook om die luguitlate vir die lugeversorging (outomatiese klimaat beheer stelsel vir die S10 en S11 modell ).

En daar gebeur die onuitwendbare toe nou ook - ou 5Spoed spin die Mahindra die teerpad af, al glimlaggend. Ou 5Spoed glimlag altyd. Maar die Mahindra maak sy glimlag selfs nog breer as gewoonlik. Die ritgerief is uitstekend. Sag, uiters goed gedemp van padgeraas, enjin geraas, en windgeraas. Die enigste geraas wat ou 5Spoed kon hoor, was n groot geraas vanuit die bestuurder se sitplek. Dit was die buitensporige geluide van ou 5Spoed se gewone luidrugtige skatergelag terwyl hy die Karoo se stert heen en weer gooi op die grondpad soos n wafferse likkewaan wat skarrel na rivierwaters terwyl hy agterna gesit word deur n jong Jack Russel.

Die Karoo is uiters gemaklik op selfs die ergste van grondpaaie. Die vering is verassend sag, maar die hantering is uitstekend. Die P*K Up kan met vertroue deur die draaie gelooi word, en min bakleun is teenwoordig, alles te danke aan die slim ingeneurs by Mahindra. "Cussion Suspension" is waarmee hulle vorendag gekom het, en die stelsel verleen aan die P*k Up n uiters aangename sagte rit. Betaling is Jacob Zuma se grootste vyand. Betaling van en vir enigeiets. So ook is sagte vering die vyand goeie hantering, en om hierdie probleem te omseil, het die vindingryke ouens met lang wit jasse aansienlike stewige teenkantel rolstawe aan die veringstelsel aangebring. n Bakkie gaan nooit n nuwe Nurburgring Northschleife baanrekord opstel nie, maar die Mahindra kan met vertroue in draaie gedruk word. Dis n fyn balans wat selde in een voertuig teegekom word. Sefls rowwe sinkplaat grondpaaie skrik nie hierdie trokkie af nie.

Die legenderasie 2.2l mHawk enjin is n juweel van n diesel enjin. Daar is geen van die gewone turbo traagheid wat in ander turbo diesel enjins algemeen voorkom, te vinde in die kraglewering van die Mahindra nie. Verskei turbo diesel enjins het ondervind oomblikke van huiwering in gedurende hulle kraglewering.Hierdie oomblikke waar die enjin baie min krag lewer word veroorsaak deur n gebrek aan uitlaatgasse by lae enjin revolusies. Uitlaatgasse dryf die turbo aanjaers aan. Min enjingasse veroorsaak min aandrywing vir die turbo aanjaer wat werk soos n haardroer..... op steroeides. Die P*k Up se turbo ontwikken finominale druk by uiters lae enjin omwentelinge. Die resultaat is - die ding laat waai soos n volbloed steroied en hormoon bespuitde Kampioen resiesperd wat met mening uit die wegspring hok uit spring oppad om die Durban July te wen. Hy trek met mening vanaf slegs 1000 toere, al die pad tot die rooi lyn toe. 103 Kw en 320 Nm se wringkrag is beskikbaar met koplimente van die mHawk masjien, en die 6 spoed ratkas is so glad soos n suid afrikaanse politikus se bek skuins voor n algemene verkiesing.

Al die P*k Up modelle is ook toegerus met n meganies sluitende beperkte glip ewenaar, wat deur die alombekende Eaton Corporation ontwikkel is en vervaardig word. Eaton is wereld bekend vir hulle robuuste vragmotor ratkaste en ewenaars, asook hidroulise sisteme, onder andere. So die ding gaan hou soos die fossiele in die Karoo

Die beste is sy prys. Die Karoo dubbelkajuit reeks se pryse begin by due S6 4x2 R343 499 tot by die S11 4x4 A/T R436 499.

Kontak 072 980 8749 vir meer inligting oor enige Mahindra produk.

Address

501 Breed Street, Montana
Pretoria

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ou 5 Spoed posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ou 5 Spoed:

Share